Ekspo datums
| Agri Cape Week | 15-17 Apr '10 |
| Agri Mega Week | 15-17 Sep '10 |
| Overberg Prestige Perdeskou | 4-6 Feb '10 |
WELKOM
Die vraag na dienste van Agri Mega (Bpk.) as ‘n artikel 21 Maatskappy het in so ‘n mate toegeneem dat dit onmoontlik geraak het om met die huidige struktuur hierdie dienste te lewer. In die lig van die toenemende vraag, asook die gediversifiseerde aard van die vraag na dienste, het dit noodsaaklik geword om Agri Mega in al sy fasette te hersien en te herposisioneer.
Die Agri Mega Groep van gefokusde ondernemings is dus sodanig geposisioneer dat gegroepeerde dissiplines wat relevant tot mekaar is as besigheidseenhede kan funksioneer.
Georganiseerde landbou oor die breë spektrum, met insluiting van die tradisionele definisie daarvan sowel as die regstellende aanpassings, naamlik om ook die voorheen benadeelde gemeenskappe, wat hoofsaaklik in die sogenaamde opkomende landbou en die plaaswerker groeperings lê, in te sluit, staan reeds voor groot uitdagings. Van hierdie uitdagings, soos grondhervorming, word nog steeds nie met die verlangde entoesiasme aangespreek nie. Hierteenoor ervaar die rolspelers in die landbou-aktiwiteite van die dag ‘n tendens van verlaging in standaard van dienslewering en ‘n verval in infrastruktuur, terwyl die globale omgewing waarin landbou hom bevind oor ‘n ideale klimaat vir prestasie beskik.
Dinamiese leierskap met visie en positiewe denke het onafwendbaar geword om te verseker dat landbou op koers kan bly om volhoubaarheid as fokus na te jaag. Die onderskatting van landbou se primêre rol in ‘n volhoubare ekonomie in Suid-Afrika sal op die hierdie stadium fataal wees. Slegs goed geselekteerde leierskap kan op hierdie stadium ‘n verskil maak.
Agri Mega bly instrumenteel een van die voertuie om volhoubaarheid te help verseker. Dit is dan daarom ook nodig dat die Agri Mega Groep professioneel bedryf word om sy bydrae kompeterend te maak.
Adverteer jou besigheid op die nuwe Agri Mega Directory.
Navrae: Agri Mega Promotions
Hanno Maritz Tel: +2728 425 2720 of stuur e-pos aan hanno@agripromo.co.za of
Teresa Labuschagne Tel: +27 21 863 4055 of stuur e-pos aan teresa@agripromo.co.za














