Ekspo datums
| Agri Cape Week | 15-17 Apr '10 |
| Agri Mega Week | 15-17 Sep '10 |
| Overberg Prestige Perdeskou | 4-6 Feb '10 |
Van die Bestuurder
Dié inhoud van dié dokument verskaf 'n omvattende oorsig van Agri Mega Groep se ontstaan, ontwikkeling en posisionering as 'n landbou diensverskaffer; suksesse en geleenthede van die hede, verlede en toekoms; waar die Groep in die lanbousektor inpas; waarna die Groep mik; wat oor die kort-, medium- en langtemyn verwesenlik moet word; en die Groep se dienste en programme.
Holisties beskou, is Agri Mega Groep op ontwikkeling ingestel en het dit ontstaan om diens aan die landbou te lewer en holistiese groei en ontwikkeling te fasiliteer en te verseker. Aanvanklik, en deurlopend daarna, het die Groep tekorte in sektorale dienslewering en ondersteuningsdienste geïdentifiseer en die leemtes gevul.
Van meet af aan was die Groep 'n voertuig om behoeftes te bepaal en aan te spreek. Mettertyd het die Groep 'n aktiewe vennoot van landbou geword. Daar is deurgaans gewerk om die Groep en die sektor met kapasiteite toe te rus wat volhoubare produksie en voedselsekuriteit kon verseker.
Die primêre gonswoorde in die Groep, is "voedselsekuriteit" en alle aktiwiteite en werksaamhede is dít ter wille.
Agri Mega Groep het 'n verteenwoordigende en hoogs geakkrediteerde rolspeler in primêre landbou geword. Met vennootkliënte het die Groep professionele dienslewering in die sektor bevorder.
Agri Mega Groep het nie net 'n simbool van transformasie en ontwikkeling in lanbou geword nie, maar deel van die proses. Inderdaad het die Groep bewys dat lanboutransformasie verby die fase van teoretiese beplanning tot in die praktiese wêreld gevoer kan word. Transformasie het 'n werklikheid geword en saam daarmee lanboudoelwitte soos suksevolle en volhoubare grondhervorming, landboutransformasie en kommersiële produksie.
Mettertyd het die Groep funksionele strukture vir dienslewering, aan 'n diverse kliëntegroep, ontwikkel. Dié strukture fokus op volhoubare dienslewering en lanboupraktyke, as voorvereiste vir voedselsekuriteit en volhoubare produksie. Betreffende holistiese dienste beskou die Groep homself as 'n fasiliteerder, afleweringsmeganisme en agent. Funksionele fasilitering en dienslewering het tot holistiese samewerking, netwerking en vennootskappe, met sektorale diens- en produkverskaffers, gelei.
Die Groep het sy doelwitte bereik deur te slaag om 'n holistiese, eenstop ondersteuningsnetwerk vir die totale sektor en veral produsente tot stand te bring.
Die Groep is trots dat hy slaag om sy visie en missie te verwesenlik. Agri Mega Groep verstaan dat dit nie in issolasie funksioneer nie en dat vennote belangrik is. Die Groep is sy vennote dank veskuldig en veral die volhoubare borge en ondersteuners. Dit is húlle wat gehelp het dat die Groep sy posisie, as diensverskaffer in die primêre en sekondêre landbou, in yster kon giet. Agri Mega Groep het respek vir sy vennote en borge se verbondenheid tot landbou in Suid-Afrika.











