Ekspo datums

Agri Cape Week 15-17 Apr '10
Agri Mega Week 15-17 Sep '10
Overberg Prestige Perdeskou 4-6 Feb '10

Van die Voorsitter

As die rugraat van en vernaamte rolspeler in voedselsekuriteit, is dit belangrik dat volhoubare landbou deur alle rolspelers en op vele wyse in stand gehou word. Dit geld ook Suid-Afrika, waar transformasie van politieke en ekonomiese stelsels die Suid-Afrikaanse lanbou sonder genoegsame ondersteuningstrukture vir produsente laat.

In 'n tyd waar koöperatiewe instansies se steun aan die landbouprodusent en die sektor taan, is daar 'n groeiende vraag vir lanboudienste. Die onlangse revolusie in tegnologiese ontwikkeling het boonop veroorsaak dat kommunikasiepatrone gewysig het. Die speelveld van die wêreld-ekonomie het dermate verander dat nie net Suid-Afrikaanse produsente produkte op nasionale markte verhandel nie, maar dat op 'n globale vlak met internasionale produsente meegeding word.

Die aansienlik veranderde landbou-omgewing skep tans 'n dringende behoefte vir uitgebreide ondersteuningstrukture vir landbou op voetsoolvlak Gegewe politieke realiteite van die dag, moet die strukture ook as katalisator en brug tussen die onderskeie rolspelers dien en moet dit geleenthede tot multirigting kommunikasie en Indaba skep.

Aanvanklik het Agri Mega as 'n diensverskaffer vir landbou en 'n tuiste vir sektorale belangegroepe gefunksioneer. Dit is steeds so, maar die visie is verbreed om gapings in dienslewering te vul en om 'n meer volhoubare en omvattende werktuig vir landbou te wees. Agri Mega het sy waardetoevoeging tot alle belangegroepe uitgebrei en lewer ook dienste wat tevore deur ander voorsien is.

Agri Megaweek en ekspo's soos Agri Cape Week in die Paarl, is enkele terreine waar Agri Mega, as diensverskaffer, bedrywig is. Deur filiaal maatskappye soos Agri MES, Agri Promo, Mega Events en Agri Mega Expos, bied Agri Mega Groep 'n reeks dienste wat op landbou fokus. 'n Afdeling vir bedryfsdienste, in Agri Mega Groep, bied dienste aan 'n uiteenlopende groep landbourolspelers en –organisasies.

Agri Mega is 'n addres vir landbou-groeperinge wat gemene gronde vir samewerking en vennootskappe, ter wille van lanbou, soek Met lanbou-ekspos en ander inisiatiewe het Agri Mega 'n vlak geskep waar produsente, diensteverskaffers, regerings, die publiek, belangegroepe, die jeug en ander rolspelers netwerke skep om te kommunikeer en te strategeer.

Die toekoms van landbou moet deur die sektor bepaal word en Agri Mega sal voortgaan om die status quo te handhaaf en die industrie met passie te dien. Ons is trots om deel van volhoubare landbou te wees en ons sal voortgaan om tot 'n geseënde toekoms by te dra deur die belange van lanbou te dien.

Henk Aggenbach
Voorsitter: Direksie